|
Naam: |
Nina
|
|
Dorp / Stad / Land: |
Kaapstad
|
|
|
|
|
Hello
Lienka. Ek het jou stem by Aardklop 2007 die heel eerste
keer gehoor, by die Huisgenoot tent, en het dadelik daarvan
gehou. Jy is ongelooflik talentvol. Big ups vir jou en jou
talente band ddisselblom. My gunsteling treffers is 'Wag-'n-bietjie-bos'
en 'Somehow my love', 'Pad na jou hart' en 'Londen'. Die
liedjie 'Londen' laat my sommer tuis voel vir die eerste
keer in my land. Die nuwe cd van ddisselblom,donker grond is
STUNNING! Ek moet julle weer live sien!! |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Riette Kotze |
|
Dorp / Stad / Land: |
Stellenbosch |
|
|
|
|
Hi Lienka, ek
doen nie gewoonlik so iets nie, maar jou CD laat my nie
anders toe nie - wil jou net bedank en gelukwens daarmee!
Jou stem en liedere is 'n genade van Bo wat 'n mens verryk,
ek dink spesifiek aan "Pad na jou hart" wat 'n meesterstuk
is en so ongelooflik mooi dat ek nie woorde het om te
beskryf nie. Ek ook absoluut mal oor snit nr 9 (Prime Circle
ook 'n favourite by my) - die 2 van julle se stemme werk net
amazing saam! Dankie vir die geleentheid, doen so voort!!
Hoop om jou / ddisselblom gou iewers in die omgewing live te
sien! |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Steve-O |
|
Dorp / Stad / Land: |
London UK |
|
|
|
|
Hi Lienka, wil
net sê dat jy 'n moerse nice album uitgebring het en baie
koue Saterdag aande word daarna Lienke geluister as ons
saffas bymekaar kom en 'n braai maak hier in bomden. O ja,
en van al die ouens af wil ons net se, jy is flippen sexy!!!
Mooi bly Steve-O |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Rudy
Dexter |
|
Dorp / Stad / Land: |
Bloemfontein |
|
|
|
|
Hi Lienka!!
Ek het Vrydagaand Rapport Sing Jou Taal in die Sand
gekyk en jy was GREAT!!!!! Ek kon nie anders as om jou CD te
koop gister nie. Hy was soos ek verwag het uitverkoop by
meeste plekke toe bestel ek hom sommer online. Kry hom môre
en ek kan nie wag nie!!! Jy het 'n amazing stem en ek sien
uit na nog baie wonderlike musiek van jou af!!!
Groete Rudy |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Ita |
|
Dorp / Stad / Land: |
Johannesburg |
|
|
|
|
Hi Lienka!
Ek onthou die
eerste dag dat ek na jou cd geluister het, dit was
ongelooflik hoendervleis mooi... en maande later voel ek nog
so oor jou songs. Ek kan nie meer sê as net dankie dat jy
jou talent met ander deel nie... |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Werner du
Plessis |
|
Dorp / Stad / Land: |
Ceres |
|
|
|
|
Môre Lienka
Ek het jou die afgelope naweek by die KKNK sien optree saam
met ddisselblom, die 2 songs wat jy gedoen het, het my
gedwing om jou CD te koop EN te laat teken na die show. Toe
kom die groot verrassing: dit was die beste cd in my kar
oppad huistoe! Ek en my vrou moes dit 'n paar keer
deurluister! Jou musiek is verslawend en mens word so
meegevoer dat die wêreld stilstaan om jou! Ek moes vanoggend
dadelik reageer, jy verdien tonne komplimente! Ek is geen
musiek-kenner nie, maar om 'n ongelooflike stem en hope
talent raak te sien is in jou geval eenvoudig. Dit is
skitterend! Baie sterkte en voorspoed met jou volgende een,
ons kan nie wag nie! Dankie vir 'n cd wat deel kan word van
ons lewens en dit vervul met iets wat blywend is. |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Anja |
|
Dorp / Stad / Land: |
Oudtshoorn |
|
|
|
|
Hey Lienka! Het
jou by die KKNK gehoor en wil net sê jy is GREAT! Dis
kunstenaars soos jy wat vir afrikaans musiek in hierdie land
weer hoop gee! Dankie vir jou "touching" lyrics, elkeen voel
of dit met my praat...
Dankie Lienka...
Anja |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Charmaine |
|
Dorp / Stad / Land: |
Roodepoort |
|
|
|
|
Hi, ek wil
net sê dat jou solo cd een van die beste vroulike solo cd's
is. Ek geniet dit vreeslik om jou sang by die werk te
luister (op my mp3). Jou stem doen wonders aan 'n mens
en maak 'n mens rustig. Hou so aan!. Jy het nog baie om te
gee vir Suid Afrikaanse musiek. Hoop jy en Jaco geniet nog
die getroude lewe. |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Pieter
Erasmus |
|
Dorp / Stad / Land: |
Mafikeng |
|
|
|
|
Goeie
genade! Elke keer wanneer ek jou CD luister, is dit soos
terapie. Ek hoop daar kom gou nog 'n paar nuwe albums.
Jesusliefde en Groete
Pieter |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Andre de Wet |
|
Dorp / Stad / Land: |
Auckland - New
Zealand |
|
|
|
|
Halo Lienka,
Baie baie nice!! Aande om speel ek jou CD en is gek oor die
kombinasie van Afrikaans en Engels. Van die beste geskenke
wat iemand nog vir my gestuur het. Ek wens ek kon KKNK
bywoon. Go Girl!! Ek kannie wag vir nommer twee nie. |
|
|
|
|
|
|
Naam: |
Rolien van
Heerden |
|
Dorp / Stad / Land: |
London |
|
|
|
|
Hi Lienka, jy't
seker iemand wat hierdie boodskappe lees en dan vir jou aan
pass, either way wil ek tog net vir jou persoonlik noem hoe
gek ek oor jou CD is. En ek onthou laas jaar toe ek
vir jou vra wanneer jou solo cd uit kom, was daar nog nie 'n
datum nie... ek het nie eers my stert in London gevind nie,
toe is jou CD op die rakke!
Fabulous! En elke keer as mens dit luister word dit mooier!
My broer, ma en ek het jou CD. Ek sit en London en luister
gereeld daarna (my broer het dit vir my gepos). So ek wil
net vir jou baie geluk en baie dankie se vir 'n
ongelooflike, onvergeetlike CD! Jyt 'n beautiful stem en
"Pad na jou hart” is lag-lag een van die mooiste afrikaanse
songs wat ek al gehoor het!
Als van die beste vir jou en baie sterkte met jou jaar!
Baie liefde & groete
Rolien |
|
|
|
|