|
Meer
oor Lienka...
Lienka is ‘n lid van die suksesvolle groep
ddisselblom wat die
afgelope vyf jaar naamgemaak het as ‘n oorspronklike Afrikaanse
folk-rock groep. Met GMT toekennings vir onder andere Beste
Afrikaanse Groep (2003) en Beste Lewendige Optrede (2005) asook
Kanna toekennings vir Beste Volwasse Kontemporêre optredes by KKNK
(2002, 2004) het die drie permanente lede van ddisselblom besluit
om eers ‘n paar soloprojekte aan te pak. Die groep het egter nie
opgebreek nie, en nog optredes en CD’s is in die pyplyn.
Haar debuut cd getiteld,
Lienka,
is ‘n tentoonstelling van haar diverse musieksmaak en ongelooflike
talent as sanger. Sy span ook kragte saam met die formidabele stem
van Prime Circle, Ross Learmonth, in die duet ‘What love
does’(no.9). Verskeie liedjieskrywers van haar generasie
(insluitend haarself) is ingespan vir hierdie album waaronder Gian
Groen, Fanie Fouché, Jaco Spies, J. Oberholzer, Johan Voster en
Sean Else tel.
Haar musiekstyl kan die beste beskryf word as
volwasse, kontemporêre pop-rock waarvan die inhoud 60%
Afrikaans en 40% Engels is. Daar was nie op ‘n spesifieke klank
besluit met die aanvang van die album nie, eerder was elke lied
individueel beoordeel en daarvolgens benader en verwerk. So het
dit ook gebeur dat die liedjie, ‘Somehow my love’
Afrikaanse verse, maar ‘n Engelse koor bevat.
Musiekvervaardiger, Juan (Floors)
Oosthuizen, se verwerkings en geniale musikale aanvoeling gom
die hele projek aanmekaar. Opgeneem en gemeng by Pop Planet
Recording studios deur Marius Brouwer, verseker die gehalte en
integriteit waarmee hierdie album geassosiëer kan word.
Persverklaring - Word
Dokument
(30 KB)
Persverklaring - PDF
Dokument
(18 KB)
|