|
Datums vir 2007
•
KLEIN KAROO NASIONALE KUNSTEFEES
31 Maart tot 8 April
www.kknk.co.za
www.computicket.co.za
LIENKA
2 April 2007 -
12:00
4 April 2007 -
18:00
5 April 2007 -
15:00
60 min.
//
R60
// MK89
Kango Wijnhuis
Lienka het reeds gewildheid verwerf as die
goue stem in die suksesvolle groep ddisselblom. Bygestaan deur ’n
volledige akoestiese band, sing sy liedjies vanaf haar nuwe
solo-debuutalbum. Hierdie vertoning sal al haar aanhangers se
verwagtinge oortref. Maak gereed vir ’n musikale kragtoer.
DDISSELBLOM
31 Maart 2007 - 20:30
1 April 2007 - 12:00
6 April 2007 - 20:30
7 April 2007 - 20:30
80 min.
// R60 // MK89 Kango Wijnhuis
Hierdie jaar kan
ddisselblom-aanhangers uitsien na ’n baie spesiale vertoning. Nie
net ou gunstelinge word gesing nie, maar Lienka se lang verwagte
solo-album het die lig gesien en Johrné spog met ’n splinternuwe
konsep-komedie-album. Jy gaan hier ’n voorsmakie van albei dié
projekte kry, asook van splinternuwe ddisselblom-materiaal wat
eers later in die jaar op CD vrygestel gaan word.
Maar soos almal
weet, bestaan ’n ddisselblom-vertoning nie net uit goeie en
oorspronklike musiek nie. Johrné se skreeusnaakse komedie en
spontane interaksie met die gehoor sorg ook altyd vir hope
vermaak. Hulle is die wenners van twee Kanna-toekennings.
|